WELKOM

By Suiderbergskool

Hoekom Suiderbergskool?

ONS SKOOL

Ons volg ‘n holistiese benadering om leerders te help om hul volle potensiaal te bereik. Met ‘n ten volle gekwalifiseerde span van Arbeidsterapeute, Sosiale werker, Opvoedkundige sielkundiges, berader en ‘n geregisteerde skoolsuster werk almal saam met skolastiese- en sentrumpersoneel om leerders te help om hul beste te bereik.

ONS AKADEMIE

Die skool volg die TOC- Kurrikulum asook die DE-CAPPS kurrikulum. Die leerders ontvang onderrig in beide skolastiese sowel as sentrum vakke om hul voor te berei om ‘n positiewe deel van die werksmag te word.

KULTUUR

By Suiderberg bruis kultuur deur ons are. Ons glo die deelname aan kultuur bied aan leerders die geleentheid om hul talente optimaal te ontwikkel en by regskud van hul kultuurvere help om die leerders se selfvertroue te vorm.

SPORT

By Suiderberg glo ons dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves. Ons het ‘n verskeidenheid sportsoorte om van te kies en te keur: atletiek, landloop, skaak, sokker, rugby en krieket.

‘n SKOOL VIR GELEENTHEDE

Suiderbergskool is ‘n LSOB (Leerders met Spesiale Onderwys Behoeftes) skool en bied onderrig aan Matige Intellektueel Gestremde (MIG) leerders.

Die skool akkommodeer leerders vanaf die Voorbereidingsfase tot en met Jaar 4 sowel as leerders wat die De-Capps Kurrikulum volg.

Leerders ontvang individuele aandag om in hul spesifieke behoeftes te voorsien. Klasse is heelwat kleiner as in hoofstroomskole, om ‘n optimale leeromgewing te skep.

Suiderbergskool volg die TOC-Kurrikulum (Technical Occupational Curriculum), met die doel om leerders te bemagtig en te ontwikkel om te funksioneer in die werksomgewing.

Die fokus van die skool val dus nie net op akademiese vordering en prestasies nie, maar ook op die ontwikkeling van beroepsgerigte vaardighede en die opbou van karakter deur sport- en kultuuraktiwiteite.

Dit gee aan die leerders die geleentheid om leierskapsvaardighede te bou en te ontwikkel.

Skoolinligting

Hou die area dop vir al ons jongste nuus

Belangrike Inligting

=

Skoolure

 

  • Maandae tot Donderdae: 07h15- 14:00
  • Vrydae : 07h15 – 13:00

Vakante Poste

Kliek hier vir inligting