Opedag 2024
Suiderbergskool bied spesiale onderrig aan leerders met spesiale onderwysbehoeftes.
Algemene navrae:
Tel: 012 379 6160 / 1 / 2
E-pos: suiderberg@gmail.com
Navrae oor aansoeke:
E-pos:suideraansoeke@gmail.com
Skooltye:
- 07:15 – 13:25 Maandae tot Donderdae
- 07:15 – 12:50 Vrydae
- Daar is nie’n nasorgsentrum by die skool nie.
- Personeel is aan diens van 07:00 tot 14:00.
Vervoer:
- Ouers moet asseblief self reëlings tref indien die leerder van privaat of openbare vervoer gebruik maak.
- Daar is tans ‘n gratis busdiens vir verskeie areas – skakel die skool vir meer inligting. (Die skool kan nie bogenoemde busvervoer waarborg nie, aangesien dit ‘n kontrak is tussen die departement en spesifieke diensverskaffers).
- Daar is ‘n fietsloods wat onderdak en omhein is. Leerders moet asb. ‘n ketting en slot bring om hul fietse in die fietsloods toe te sluit.
Skoolfonds:
- Dit kan jaarliks of maandeliks oor ‘n tydperk van 10 maande betaal word.
- Die skool aanvaar elektroniese of kontant betalings en kaartfasiliteite is beskikbaar.
- Aansoeke vir subsidie / kwytskelding van skoolfonds kan slegs oorweeg word indien die vorms volledig ingevul en ingedien word tesame met die nodige stawende dokumente.
- Bogenoemde aansoekvorms word net uitgereik op versoek van die ouer / voog
vir leerders wat reeds ingeskryf is.
Skooldrag:
- ∙Seuns en dogters dra wart skoolskoene. (Leerders mag nie kaalvoet skool toe kom nie).
- Seuns kan grys kortbroeke of langbroeke dra.
- Dogters kan grys skoolrompe of grys langbroeke dra.
- Seuns en dogters dra lang grys skoolkouse deur die jaar.
- Seuns en dogters dra kort of langmou wit skoolhemde.
- Seuns en dogters dra Swart skoolskoene.
- Maroen trui (met of sonder moue) en drimac baadjie.
- ‘n Gebreide maroen mussie, handskoene en serp, sonder enige strepe of patrone of handelsnaam, is toelaatbaar in die winter.
- ‘n Maroen skoolbaadjie en ‘n das is opsioneel.
- Klere is beskikbaar by die meeste winkels wat skoolklere verkoop.
- Daar is soms tweedehandse skoolklere beskikbaar by die skool se klerebank, afhangend van skenkings.
- Leerders is self verantwoordelik vir oorpakke / klere wat in die sentrums gedra kan word indien hulle hul skoolklere wil beskerm.
- Seuns mag veiligheidskoene dra in die sentrums indien hulle wil.
- Leerders mag betaamlike gewone klere dra gedurende liggaamsopvoeding.
Snoepie en voedingskema:
- ∙Die snoepie is tydens pouse oop en verkoop koeldrank, water, lekkers, skyfies, pasteie en soms ander items soos geroosterde toebroodjies.
- Leerders kan ook hul eie kos van die huis bring.
- Leerders wat aansoek gedoen het en goedgekeur is vir subsidie van skoolfonds, kwalifiseer ook vir die skool se voedingskema waar hulle pouses van kos voorsien word.
Addisionele gratis ondersteuningsdienste by die skool:
- Berader
- Maatskaplike werker
- Arbeidsterapeute
- Verpleegkundige
Aansoekproses:
- Die SIAS beleid moet gevolg word:
- Die verwysende skool (waar die kind tans is) voltooi die nodige SIAS dokumente en reël met die ouer om die dokumente te teken.
- Die ouers teken op die SNA1 vorm, asook op die DBE123a en DBE120 en ander vorms soos nodig.
- Daar moet ook ‘n onlangse verslag van ‘n opvoedkundige sielkundige wees wat die kind se intellektuele potensiaal aandui. (Die evaluasie
moes binne die afgelope twee jaar gewees het). - Ander dokumene soos die ouers se ID, die kind se geboortesertifikaat en bewys van adres moet ook ingesluit wees by die SIAS dokumente.
- Dit is die verwysende skool se verantwoordelikheid om die volledige stel dokumente in te dien by die Distrik. Verwys asb. na die lys van dokumente op die volgende bladsy.
- Die Distrik besluit oor die plasing in ‘n spesiale skool en by watter spesiale skool, afhangend van watter ondersteuning die leerder nodig het.
- Die Distrik gee ‘n LSOB / LSEN nommer.
- (Leerders wat reeds in ‘n LSOB / LSEN klas of in ‘n ander spesiale skool is en reeds ‘n LSOB / LSEN nommer het, se dokumente moet steeds ingestuur word na die Distrik en vandaar na Hoofkantoor toe, tesame met hul bestaande LSEN nommer daarop aangedui).
- Vanaf die Distrik word alle aansoeke na Hoofkantoor gestuur vir finale goedkeuring.
- Die Distrik kommunikeer dan weer met die verwysende skool en met die spesiale skool waar die kind geplaas word en vandaar met die ouers.
- Stuur navrae hieroor aan: suideraansoeke@gmail.com