Suiderberg Akademie

Leerders ontvang onderrig in beide skolastiese- en sentrumvakke

Aan die einde van Jaar 1 kry leerders die geleentheid om ‘n praktiese sentrumvak te kies, soos uiteengesit in die kurrikulum. Leerders word aangemoedig om hierdie besluit saam met hul ouers of voogde te neem.

Hieronder vind u inligting wat u en u kind kan help om ‘n besluit te neem.

Let wel: Vanweë departementele reëls en riglyne kan daar nie van sentrumvak verander word wanneer die keuse reeds gemaak is nie. Dieselfde sentrumvak moet van Jaar 2 tot Jaar 4 geneem word.

By Suiderberg Skool is dit belangrik dat ons leerders hul volle potensiaal kan benut. Ons skep ‘n geleentheid vir hulle om deel te neem aan praktiese vakke wat hulle vaardighede bied wat hulle in hul toekomstige planne sal ondersteun

Beskikbare Sentrumvakke

Kuns en handwerk

Leerders ondersoek en verkry kennis en begrip van ‘n verskeidenheid van materiale, tegnieke en werkprosesse. Ontwikkeling van idees en oplossing van probleme asook die produksie van kreatiewe kunswerke word geleer.

Doel van die vak: Om die  grondslag vir vervaardiging van kuns en handwerk te lê.

Subkategorieë / Onderwerpe in kuns en handwerk:

  • Teken
  • Skilder
  • Beeldhou en drukkuns
  • Keramiek en veselkuns
  • Handpoppe
  • Juwelierontwerp
  • Tekstielkuns

Houtwerk

Leerders het die geleentheid om fyn motoriese vaardighede en basiese houtwerk-vaardighede te ontwikkel.

Doel van die vak: Om die geleentheid te gee om verskillende artikels van hout te maak wat nuttig of kreatief kan wees.

Subkategorieë / Onderwerpe in houtwerk:

  • Projekbeplanning
  • Werkswinkelveiligheid
  • Gebruik van verskillende handgereedskap
  • Elektriese bedrading
  • Elektriese masjiene
  • Beskermende toerusting

Sweiswerk

Leerders werk met verskillende vorms van metaal bv. plaatmetaal, pype en ronde stawe.

Doel van die vakkeuse: Bied die geleentheid om basiese vaardighede aan te leer om met metaal en sweismasjiene te werk.

Subkategorieë / Onderwerpe in sweiswerk:

  • Veiligheid
  • Ontwerp
  • Lasplekke en aansluitings
  • Werksetiek
  • Projek beplanning
  • Verfwerk
  • Oppervlakvoorbereiding
  • Skuurwerk

Gasvryheidstudies (Kookkuns)

Hierdie vak dien as ‘n inleiding tot praktiese vaardighede wat in ‘n kombuis gebruik kan word.

Doel van die vakkeuse: Die toerusting van leerders met kulinêre vaardighede, bv. kook en bak.

Subkategorieë / Onderwerpe in Gasvryheidstudies:

  • Spyseniering & bediening
  • Gasvryheid
  • Skoonmaak
  • Versorging van linne
  • Tafeldekor
  • Spanwerk en individuele verantwoordelikhede
  • Kosgarnering
  • Stoor van voedsel

Kantooradministrasie

Dit behels basiese kennis van administratiewe take en kliënte dienste,  kommunikasie-vaardighede en bekwaamheid in rekenaartik.

Doel van die vakkeuse:

Basiese vaardighede wat in ‘n kantooromgewing gebruik word.

Subkategorieë / Onderwerpe in Kantooradministrasie:

  • Sleutelbordtegnieke
  • Besigheidsdokumente
  • Woordverwerking en redigering
  • Internet en e-pos
  • Werk aansoeke
  • Rekenaarversorging
  • Persoonlike finansies

Motorwerktuigkunde

Inleiding tot die herstel en instandhouding van motor-enjins en ander voertuie.

Doel van die vakkeuse: Om  vaardighede te leer aangaande basiese diens van motors.

Subkategorieë / Onderwerpe in Motorwerktuigkunde:

  • Werkswinkelveiligheid
  • Brandbestryding en noodhulp
  • Handgereedskap
  • Batterye
  • Petrol- en dieselenjins
  • Enjinverkoeling
  • Brandstofstelsels
  • Remme
  • Wielbalansering
  • Enjin-smering (oliediens)

Instandhouding

Hierdie vak leer die leerder om aksies te implementeer wat nodig is vir algemene instandhouding van toerusting of strukture.  Leerders het die geleentheid om praktiese vaardighede op verskeie gebiede aan te leer.

Die vak bevat ses onderafdelings:

  1. Basiese houtwerk
  2. Basiese loodgieterswerk
  3. Basiese elektriese vaardighede
  4. Basiese konstruksievaardighede
  5. Basiese sweiswerk
  6. Basiese motorwertuigkunde

Subkategorieë / Onderwerpe in Instandhouding:

  • Herstelwerk: tafelblaaie; handvatsels; stoele; lasplekke
  • Elektriese bedrading; skakelaars en isolasie
  • Glas: sny; veiligheidsmateriaal; venster installering
  • Verfwerk: vermenging van verf en verskillende verf metodes
  • Loodgieterswerk: laste en toebehore; verskillende soorte pype; gom; krane en kleppe
  • Boukonstruksie: pleisterwerk; sementmengsels (beton, pleister en sement); steenlaste; teëlwerk
  • Sweiswerk: vyl en slyp van metaalwerk; sny; sweislasplekke
  • Motorwerktuigkunde: meet; voertuigonderhoud (onderhoud van battery, enjin en band)

Verbruikerstudies (Naaldwerk)

Hierdie vakgebied dien as ‘n inleiding tot die herstel of vervaardiging van kledingstukke en ander artikels uit materiaal, met behulp van verskillende hand- en masjien-vaardighede, sowel as brei- en hekelwerk.

Doel van die vak keuse:  Dit is ontwerp om leerders toe te rus met basiese naaldwerkvaardighede en ‘n begrip van noodsaaklike beginsels wat nodig is om eenvoudige take met toepaslike naaimateriaal, gereedskap en toerusting uit te voer.

 

Subkategorieë / Onderwerpe in verbruikerstudies (naaldwerk):

  • Handnaaldwerk (borduurwerk ingesluit)
  • Keuse van materiaal
  • Gebruik van ‘n kommersiële patroon
  • Gebruik van ‘n naaldwerkmasjien
  • Laslappie werk
  • Die verbruiker
  • Entrepreneurskap
  • Bemarkingstrategieë
  • Ritssluiters en knoopsgate
  • Brei en hekel

Haarkappery

Leerders kry die geleentheid om met verskillende soorte hare te werk.

Doel van die vakkeuse:  Oriëntering tot haarkappery en skoonheidskunde

 

 

Subkategorieë / Onderwerpe in Haarkappery:

  • Stylering
  • Chemiese hervorming van hare (perm / ontspan)
  • Kleur van hare
  • Sny
  • Higiëne
  • Vlegsels
  • Werk met etniese en Kaukasiese haarstyle
  • Naelsorg
  • Salon-etiket