Berader, Suster, Sosiale Werker
Berader:
By Suiderbergskool besef ons die behoefte aan emosionele ondersteuning, en ons is bevoorreg genoeg om ‘n berader op ons korps te hê wat ondersteuning kan bied aan die leerders op verskeie fronte.
Die diens is gratis en word aan die leerders beskikbaar gestel ten tye wanneer ekstra onderskraging van kardinale belang is. By Suiderberg beywer ons, ons daarvoor om na ons leerders se emosionele welstand om te sien.
Indien u sou belangstel om van die dienste gebruik te maak, skakel asb. die kantoor om via Me. L. van Rensburg ‘n afspraak te reël.
Kliniek en Gekwalifiseerde suster
Ons is in die bevoorregte posisie om ‘n gekwalifiseerde suster en ‘n toegeruste kliniek by die skool te hê.
Die suster is behulpsaam met die administrasie van medikasie en help om leerders by te staan in die geval waar mediese behandeling sou nodig wees.
Indien u enige navrae in die verband het maak asb. deur die kantoor ‘n afspraak by Sr. Katrien Loubser.