Suiderberg Sokker
Suiderberg Sokker
Ons het sokker as een van die skool se sportkodes en ons gebruik dit vir ons leerders om hul volle potensiaal te bereik as sokkerspelers. Ons gebruik sokker as ‘n dryfveer om leerders se Godgegewe talente te ontdek, terwyl daar na hul welstand omgesien word.
Ons Spanne
Ons het vyf sokker spanne in ons skool. Die spanne bestaan uit 4 seuns- en een dogterspan. Die spanne speel in die volgende ouderdomsgroepe: o/14 seuns, o/15 seuns, o/16 seuns en 0/19 dogters. Elke ouderdomsgroep het hul eie afrigter en die dogters het ‘n vroulike afrigter.
Plaaslike Liga
Ons neem deel aan die plaaslike Tshwane LSEN liga met al die bogenoemde ouderdomsgroepe. Die liga bestaan uit sewe LSEN skole wat in en rondom Tshwane is, wat aanvang neem in die derde kwartaal van die jaar. Die wenners van elke ouerdomsgroep kry ‘n geleentheid om deel te neem aan die uitspeelrondtes teen Johannesburgse LSEN skole om te bepaal wie Gauteng sal verteenwoordig in die ouerdomsgroep.
Kompetisies
Na die afhandeling van die uitklop-rondtes word die wenners van elke ouderdomsgroep ‘n geleentheid gegee om deel te neem aan die Noordvaal kompetisie, waar deelname teen ander provinsies moontlik is. Gedurende die kompetisie word spelers geïdentifiseer wat vir die Gauteng LSEN span kan speel en deelneem aan die provinsiale uitkloprondtes. Op die vlak word slegs die o/19 Seuns en die o/19 Dogters geïdentifiseer.
Prestasies
Ons leerders en skool het alreeds baie bereik deur deel te neem aan sokker. Een van ons grootste prestasies tot op hede is dat een van ons leerders ‘n toer na Liverpool gewen het. Hy was die geleentheid gegee om na wedstryde te kyk en deel te neem aan hul oefensessies. Ons was dan ook bevoorreg genoeg dat een van die leerders vir die Mamelodi Sundowns Multichoice span speel. Meeste van ons leerders beide seuns en dogters neem deel aan plaaslike sokker spanne. ‘n Aktiewe leerder en ‘n aktiewe gesonde liggaam lei tot goeie sportspersonas.
2022
Suiderberg het deelgeneem aan die plaaslike LSEN skole sokker liga in Tshwane. Daar het sewe verskillende skole aan die liga deelgeneem en Suiderberg het onder andere ‘n O/14, O/15, O/16, O/19 seuns en ‘n O/19 Dogters span ingeskryf. Slegs die O/19 seunsspan gaan deur na die Tshwane uitspele en verloor ongelukkig in die doodsnikke van die wedstryd met strafdoele.