Suiderberg Kultuur

By Suiderberg het die kultuur gogga behoorlik gebyt: ons is bedrewe in Sang, Voordrag en Poësie.

Die skool beskik dan ook oor ‘n Koor en ‘n Revue wat behoorlik koning kraai.

Ons vlagskip is natuurlik ons deelname aan die Eisteddfod byeenkoms, nie net bied ons die kompetisie op ons gronde aan nie, maar ons spog ook met massa deelname van ongeveer 300 leerders jaarliks.

In 2019 het ons Koor ‘n A+ behaal en ons sanggroep ‘n A++. Die seunskoor het ‘n A++ behaal en ons spog ook met 3 A++`e, 3 A +`e en 2 A`s. In die afdelings van Instrumentaal en Revue het ons A++ verwerf.

Met voordrag het Suiderberg se Spreekkoor ‘n A ++ behaal en ons Toneelspelers kon spog met ‘n A++. In die afdeling van lees, waarop ons baie trots is, het ons 10 A++, 35 A+, 41 A`s en 20 B`s behaal.

Poësie staan glad nie terug nie en ons behaal onderskeidelik 8 A++’s en 15 A+`s en 21 A`s sowel as 3 B`s.

Ons is baie trots op ons leerders se ongelooflike kultuurvernuf.

Uitslae van die Eisteddfod 2022:
Ons het die jaar 258 leerders wat deelneem en sover het die solosang, dromme, gumboots, revues en dansgroepe die volgende mooi uitslae behaal:
Solo sang:
Lehlogonolo Baloyi : Silwer
Lesedi Bjinge and Nokuthula Mkhize: Goud A
Elize Blignaut, Samantha Mboho, Xandri Stolz en Sonothando Tshoke : Goud A+
Owame Ntlhoule en Tsentle Kekana: Goud A ++
Tsentle Kekana: Kategorie wenner van die dag met ‘n goue medalje

Ons het vanjaar aan die Eistedfodd-kompetisie in die volgende kategorieë deelgeneem: Musiek (Solo-teken en dromme), Dans (Gumboots, revue, dansgroep en Kultuurdanse), Kuns, Voorbereide lees, Poësie, Gedramatiseerde Poësie en Spraakkoor. ‘n Verstommende 285 leerders het aan die Eisteddfod teen 7 deelnemende skole deelgeneem.

Die volgende lof is deur ons leerders opgedoen: 30 A++, met 6 kategoriewenners, 38 A++ en ‘n verstommende 35 A’s. Ons is baie trots op hierdie leerders.

Suiderberg Kuns