Netbal
Netbal is een van die groot sportsoorte gedurende die Winter seisoen. Ons wil hê ons dogter moet netbal geniet en ‘n liefde vir die spel ontwikkel. Saam met die talentontwikkeling, streef ons daarna
om die meisies se karakter te bou. Ons wil kreatiewe, hardwerkende en vreeslose spelers te ontwikkel wat uitgaan in die wêreld en ‘n verskil maak. Ons wil ons spelers leer watter toewyding nodig is om deel van ‘n span te wees en as ‘n eenheid te funksioneer.
Suiderberg het ‘n uitstekende reputasie op Gauteng vlak, deelname in die kwalifiserende rondtes vir die Gauteng Skole Kampoeinskappe in die o/19, 0/16, o/ 15 en o/ 14 vlak. In die afgelope jare het ons spanne die kampoeinskap bereik oor al die ouderdomsgroepe.
Meer meisies as ooit toon belangstelling in netbal met tot en met 12 spanne van dogters wat die geleentheid het om die skool te verteenwoordig in D15 se liga. Deur die bank is die spanne suksesvol en speel kompeterende wedstryde teen soortgelyke spanne.
By Suiderbergskool, trek die kinders voordeel uit entoesiastiese en toegewyde afrigters wat behulpsaam is om die standard van spel in die afgelope paar jaar te verhoog.
Netbal 2019
Ons het ingeskryf in die liga met 10 spanne, 7 van die 10 spanne het as wenners uit die liga getree. Hierdie is ‘n groot prestasie. Ons o/15 span het in die Gauteng kampoeinskappe gespeel en het ‘n goud verower. Dieselfde span het ook ‘n silwer medalje verower in 2018.
Een van ons O/19 dogter het die Gauteng span verteenwoordig in die Nasionale skool
Kampoeinskappe. Die Gauteng span het dit reggekry om ‘n goue medalje te verower.
Netbal 2020 en 2021
Ongelukkig is die seisoen gekanselleer vanweë Covid – 19 regulasies. Deelname aan buitemuurse programme dra by tot ‘n gesonde en gebalanseerde ontwikkeling van elke kind en ouers moet kinders aanmoedig om deel te neem.
Netbal 2022
In 2022 het ses spanne deelgeneem aan die LSEN liga, die O/15 A en B wen die liga en die U/16 span het tweede plek ingeneem.
Die O/15 en O/16 het deelgeneem aan die Gauteng Championships vir LSEN skole. Die O/15 A het tweede plek behaal in Gauteng en ‘n silwer medalje behaal.
Twee van ons O/19 dogters was gekies vir die Tshwane proewe vir die Gauteng netball span, die twee dogters is Naledi Msezwa en Paulina Motlhoki.