Landloop
Landloop is een van die items op Suiderberg Skool se atletiek program. Dit vind gewoonlik in die derde kwartaal van die jaar plaas.
Behalwe vir harde oefening om in staat te wees om 4 kilometer tot en met 8 kilometer te kan hardloop(vir seuns onder 19), neem die atlete deel in 4 ligas deel om te kwalifiseer vir die Gauteng kampioenskappe. Die eerste 6 atlete in ‘n ouderdomsgroep kan dan kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.
In die afgelope jare het baie van Suiderberg se atlete uitstekend gevaar in Landloop. Baie van ons atlete het nie net deelgeneem aan die die Gauteng kampioenskappe nie, maar ook aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.
Landloop is uniek in verskeie maniere, en verskil van ander sportsoorte. Daar is genoeg geleentheid vir atlete om deel te neem en goed te vaar. Eerstens kan jy kwalifiseer om deel te neem in jou ouderdomsgroep (as deel van jou eie span), of jy kan deelneem as ‘n individue en kwalifiseer vir die Gauteng span.
Voor Covid, het Suiderberg tot en met 15 atlete gehad wat gekwalifiseer het om te gaan vir Gauteng Kampioenskappe in een jaar, en tot soveel as 10 atlete wie gekwalifiseer het om Gauteng te verteenwoordig in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.
Enige leerder is welkom om deel te neem. Dit is ‘n fantastiese buitemuurse aktiwiteit, en hou ook die atlete fiks vir die daaropvolgende jaar se atletiek.
2022
Suiderberg skool het alreeds aan drie liga byeenkomste deelgeneem in 2022. Wanneer al drie die liga byeenskomste afgehandel is sal 10 atlete gekies word om deel te neem aan die S.A kampoeinskappe as deel van die Gauteng span, wat sal plaasvind in Oos-Kaap . Ons wag op hete kole vir die uitslae van wie die skool sal verteenwoordig in die Gauteng span.