Rugby

Rugby word by Suiderbergskool in kwartaal twee en drie aangebied. Die spelers geniet die voordeel van twee oefenvelde regdeur die jaar. Ons skryf jaarliks vyf spanne in ons kompeterende liga in. Die seuns wat rugby speel word lewenslesse geleer wat hulle in die wêreld kan inneem nadat hul skool verlaat het. Die LSEN SKOLE RUGBY is bekend in Pretoria vir harde-, hardlooprugby.

Rugbyspelers leer om:

  • Lewenslange vriendskappe te vorm en lewenslange herinneringe te koester
  • Om met grasie ‘n nederlaag te aanvaar en nederig te wees in sukses.
  • Om gedissiplineerd, gefokus en gedetermineerd te wees Om hulself, ander atlete , amptenare en afrigters te respekteer.
  • Om trots te wees op klein prestasies en om te werk na langtermyn doelwitte.
  • Die voordele te geniet daarvan om aktief te wees, goeie gesondheid te handhaaf en die wil om ‘n sport oor ‘n elektroniese apparaat te kies.
  • Hoe om teleurstelling te hanteer en deursettingsvermoë aan die dag te lê deur geleenthede mee te maak wat karakter bou.
  • Die ontwikkeling van vermoëns wat sal bydra tot die ontwikkeling van die leerder vir die res van hul lewens.
  • Die rugbyprogram is by die leerders se skoolprogram ingewerk.

Die jaar het ons vir die tweede jaar aan die hoofstroom liga deelgeneem, en besonders goed gevaar . Ons het drie spanne ingeskryf onder andere die 0/15, 0/16 sowel as die Eerste span.

Die seisoen het afgesluit met nie minder as 5 seuns wat deurgedring het na die LSEN Blou Bulle span, die leerders het die geleentheid gehad om aan die Craven week toernooi deel te neem in George.

Die leerders is: C. J Swanepoel, Julian Heunis, Donovan Janse van Vuuren, Barend Heymans sowel as Tebogo Mashale.