Atletiek

Wanneer kinders betrokke is in aktiwiteite wat hul belangstellings prikkel, word hul Psigologiese ontwikkeling bevorder. Nie net leer hul ‘n verskeidenheid van bruikbare vaardighede nie, hul leer ook om hulself uit te druk, hul gaan op ‘n reis van selfontdekking, en groei in volwassenheid met ‘n outentieke stel karaktereienskappe en waardes.

In die afgelope jare het Suiderberg atlete goed gevaar op skool- en provinsiale vlak.

Die Interskole byeenkomste het uitstaande prestasies opgelewer waar atlete hard moes werk om goeie prestasies te verseker. Een van die mees merkwaardigste eienskappe van die Inter-Skool byeenkomste is die gesonde, respekvolle kameradie wat betoon word tussen die atlete van die verskillende skole. Dit is meestal te danke aan die feit dat die atlete teen mekaar kompeteer deur die seisoen en die jare.

Gedurende die Gauteng kampioenskappe het atlete hard gewerk om plekke te verseker in die die Gauteng span. In die afgelope paar jaar het Suiderberg ongeveer 10 atlete in die Gauteng span gehad.

By die Suid-Afrikaanse kampioenskappe het ons atlete goed presteer, sommiges het medaljes verwerf en selfs ‘n Suid-Afrikaanse rekords behaal.

2022

Suiderberg Skool het deelgeneem aan verskeie vriendskaplike byeenkomste, ongeveer 120 atlete het deelgeneem aan die streeksbyeenkoms. 21 Atlete was gekies om deelteneem aan die Gauteng Kampoeinskap by Ruimsig. 8 Atlete was gekies vir die Gauteng LSEN Atletiek span, hul het deelgeneem op Germinston stadion vir 3 dae.

Die volgende medaljes is behaal: 1 brons medalje vir hoogspring ( Owami Dube – Meisies O/ 15) en ‘n silwer medalje in die die aflos wedren. Keyshia Jonanthan )/14 dogter, het deelgeneem aan die afloswedren vir die O/18 dogters en het ‘n silwer medalje verower.