Dissipline
DISSIPLINE
Dissipline is van kardinale belang in die hedendaagse opgevoede wêreld. Sonder dissipline is daar verwarring. Daarom pas Suiderbergskool dissipline toe dmv die Skool se Gedragskode om orde te handhaaf en onderrig doeltreffend oor te dra. Die doel hiervan is dat ons leerlinge die waarde van dissipline leer, wat ook na skool toegepas kan word.
Deur dissipline toe te pas, word die leerlinge gemotiveer om:
- Hardwerkend te wees
- Aktief te wees
- Positief te wees
- Te leer op skool
- Hulpvaardig te wees
- Respek vir hulself en vir ander te hê
- Selfbeheersing toe te pas
Hulle liggame op te pas en te respekteer
Dissipline word geleer van kleins af, dus is Suiderbergskool en ons ouers mede-verantwoordelik vir hierdie besonderse taak. Dit vat tyd en geduld om dissipline tuis en by die skool toe te pas.
Ongelukkig gebeur dit dat leerders hulself nie kan beheer nie. Dan word die skool se Gedragskode gebruik om intervensie toe te pas soos ouer-onderhoude, detensie, dissiplinêre verhore en rehabilitasie.
Ons maak gebruik van ‘n pastorale berader (trauma, skool-aanpasbaarheid), arbeidsterapeute en ‘n maatskaplike werker (aggressie, dwelm/alkoholmisbruik, maatskaplike probleme) asook rehabilitasiesentrums ter ondersteuning van ons leerlinge en ouers.